|
 |
| Die Oog |
|
- Volg die voorbeeld van gemeenskappe wat besig is om
hul plaaslike riviere, vleilande en damme skoon te maak
en inheemse spesies weer daarin terug te plaas. By die
Oog, 'n historiese dam by Bergvliet, het
bewaringsorganisasies die inwoners gehelp om
indringervisse uit die dam te verwyder en die Kaapse
galaxia weer daarin terug te plaas. Hulle het ook
wilde-eende met
inheemse eende vervang.
- Moenie indringervisse (goudvis, baars, forel, ens.)
in dreineerpype, riviere, vleilande of damme vrylaat nie.
Indien jy indringervisse soos goudvisse, wil aanhou,
moet jy seker maak dat jy hulle aanhou in ‘n vistenk of
in ‘n poel wat geen uitlaatpyp na ‘n stroom of vleiland
het nie. Neem hulle terug na die troeteldierwinkel as
hulle te groot word vir die tenk of poel.
- Jy moet ‘n permit van CapeNature (Kaapse
Natuurbewaring) verkry as jy
inheemse varswatervisse wil aanhou.
|